Mark het ‘n dak oor ons binnehof opgesit so wel as ‘n nuwe buitedeur ingesit en alles is geverf. Hy het die meeste van die werk self gedoen en niks is oorhaastig voltooi nie. Hy het ook geensins van die planne afgewyk as hy nie eers seker gemaak het ons stem saam met wat hy ookal gedink het behoort te verander nie.
Daarna is daar ook ‘n halfdak op die stoep van die soldervertrek aangebring en weereens is ons baie tevrede met die gehalte werk wat gelewer is.
Ons sal Mark met ‘n geruste hart aanbeveel.

Elmarie Els